04/00

In April is ek toe amptelik bevorder tot Projekbestuurder en het amper dadelik 3 mense verloor wens die vorige projekbestuurder se geskiedenis. Ek kon darem in die tyd 'n bietjie ontspan nadat die ander Projekbestuurder teruggekom het - dit was lekker om vir 'n slag die heel nag te slaap sonder die selfoon langs my (Ons was vir 2 maand op 24/7 roep, aangesien 'n gaspyplyn wat uit die grond klim nie 'n baie goeie ding is nie!).

Ek het ook kans gehad om 'n paar dae in Los Angeles se omgewing te gaan werk. Ek moet sê die plek is nie vir my nie. Toe ons kom land, loer ek by die venster uit en daar is net huise/woongebiede/geboue sien so ver as wat die oog kan sien. Dit is ook so vuil van die "smog". Dit laat mens aan die valleie naby die swartwoongebiede in Suid-Afrika dink - daar waar die rook so in die laagtes versamel. Ons het dan ook so 4 ure lank gery vanaf LAX (Los Angeles International Airport) tot ons hotel. Die "smog" kan 'n mens nie begin om te beskryf nie - dit is so erg dat 'n mens nie die einde van die snelweg kan sien nie, dit begin so 300m voor jou vaag raak soos mis. Dit was seker nie baie warm gewees nie, maar vir my en my Kanadese kollega was dit verskriklik warm. Dit was baie bedompig. Darem moet ek toegee dat daar baie mooi blomme ens is - dit laat mens baie aan Suid-Afrika dink, want dat daar is natuurlik baie strelitzia's, bougianvillea's, plumbago's ens. Ons is die volgende dag na Victorville wat op die pad na Las Vegas is. Dit is heelwat skoner daar - 'n mens gaan deur die San Bernadino berge en dan is die "smog" van die stad weg. Ek is die volgende dag terug Calgary toe, het my 4 ure geneem weer terug LAX toe. Op pad na Calgary toe was daar 'n noodgeval op die vliegtuig en ons het eers in Reno, Nevada geland.

 


09/05/02