12/00

In Desember het ek as kontrakwerker by TransAlta (die Alberta  "Eskom") begin werk. Dit was lekker om net te programmeer die heel dag en nie ander mense se probleme te moet hanteer nie!

Kersete was hierdie jaar by ons huis en was regtig lekker. Ons het groot planke oor die poeltafel en die eetkamertafel gesit, so ons kon 20 mense in die poelkamer pas. DJ het van sy spaargeld bygedra en ons het vir hom 'n elektriesekitaar gekoop (dareml 'n "Fender"!). Lincoln het dieselfde gedoen vir 'n "snowboard" met die "bindings" en die stewels wat daarby pas..Oujaarsaand was 'n horde van ons na "Joey's Tomato" ('n Restaurant) en dan later terug by ons plek.

 


09/05/02