02/00

In Februarie was die groot saak natuurlik dat DJ 16 geword het (Foto's). Hy het natuurlik so paar van sy "maatjies" hier gehad om "pool" te speel, "musiek" te luister ens. Dit is seker nou 'n teken van die ouderdom dat daar ook maar van die vroulike geslag onder die "maatjies" getel het.

In Februarie was ons ook vir Valentynsdag by "La Chaumiere". Martie het 'n afslagskaartjie by die werk gekry (Sy het vir die hoeveelste keer 100% gekry toe 'n "Mystery Shopper" by haar was! Ek weet nie of julle dit het nie, so ek sal maar vertel. 'n "Mystery Shopper" word deur die winkelgroep aangestel en gaan by die verskillende takke om en koop goed. Hulle sal dan probeer moeilik wees ens, en dan kyk hulle hoe goed word hulle bedien ens). "La Chaumiere" is sonder twyfel die beste restaurant wat ek nog by was. Om julle die prentjie te gee - dink aan die restaurante waar Frasier en sy broer altyd gaan. Dit was regtig ook 'n mooi prentjie, want dit het buite saggies gesneeu. Dit was seker die eerste keer wat ek by 'n restaurant was waar elke gang perfek was - ek het selfs die "Admin" (slaai) geniet.

As ek reg onthou was dit ook Brenda (Sachse) se 40ste versjaarsdag in "Wild Woods", nog een van die hoogaangeskrewe restaurante in Calgary. Ek en Renee het ook 'n ontdekking gemaak in "Athens by Night". Dit is die eerste restaurant in Calgary waar ons weer en weer sal gaan. ("La Chaumiere" sal ook wees as ons die "Lotto 649" wen!) Natuurlik is dit Grieks en julle van ons Pretoria dae sal onthou dat ons gereeld by die Griekse plekkie op die hoek van du Toit- en Kerkstraat was, so dit is ons tipe kos.

 


09/05/02