07/00

DJ het in Februarie besluit dat hy saam met 'n groep tieners van ons kerk ("Hawkwood Baptist Fellowship") en die "Samaritan's Purse" (Franklin Graham is die President) na Thailand toe te gaan om sendingwerk te doen. DJ moes toe $1000 insamel en verder moes die groep $2000 per persoon as 'n groep insamel. Die laaste 6 maande het was hy maar lekker besig om allerlei dinge te doen. Ons kon dus nie veel familie dinge doen nie - maar meestal vir DJ gehelp. Hy en Reneé het onder andere Melkterte gebak en verkoop - dit was 'n groot treffer - 'n paar van die bure het selfs notatjies gestuur om te vertel hoe lekker dit was! DJ het ook baie ure in gesit by die kerk met 'n dramagroep wat 'n toneelstuk opgevoer het in 'n reeks van "Desert Theater" en "Dinner Theater" aande. Ons het ook 'n "Garage Sale" by die kerk gehad. Natuurlik het die van Dijk huishouding nog nie genoeg gemors om te probeer verkwansel nie! Verder het DJ kinders opgepas en huise skoongemaak (ons en Derek Jones-hulle se huise). As 'n groep het hulle pizza's en "subs" gemaak en verkoop, karwas gehad en ook 'n eteveiling. Ons sal een of ander tyd dus mense moet onthaal met 'n Suid-Afrikaanse ete, want ons het dit opgeveil. Nou ja, DJ en die spul het almal hulle $1000 en $2000 ingesamel, en hulle vertek vroeg Julie na Thailand. Ons was baie trots want DJ was seker een van die min kinders wat hulle geld ingesamel het deur loswerkies ens te doen. Meeste kinders het dit alles met skenkings van familie en vriende gekry. Ons was ook vreeslik verbaas om te verneem dat gemeentelede $600 vir DJ geskenk het. Hy het dus verby sy persoonlike teiken ingesamel. Hulle het vir die eerste week in 'n weeshuis gewerk - DJ se span het onder andere 'n nuwe watersuiweringsaanleggie bou. Hulle het dan die wesies en die personeel vir 'n week by 'n strandoord vergesel (die geld wat hulle ingesamel het, het betaal vir al die kinders en personeel se reis en verblyfkostes by die oord). DJ het sommermet verdere werkies 'n nuwe kamera gekoop vir die groot avontuur.

DJ het ook sy hare alles afgesny om geld in te samel vir kanker navorsing, so hy het maar snaaks gelyk voor sy vertrek - darem bietjie beter teen die terugkom. Hier is 'n paar foto's geneem nadat hy terug gekom het.

Terwyl DJ in Thailand was, was Ek, Renee en Lincoln en die se maatjie Ryan na 'n kampeer terrein op die Highwood rivier. Ons het lekker daar gekamp - onder andere kan 'n mens by die rivier dryf op binnebande. Mens ry so 10 km en ry dan met die binnebande tot terug in die kamp - dit neem jou so 2 ure. Hier is 'n paar foto's van die kamp.


09/05/02