Die lente was natuurlik baie mooi, alles is groen en daar is ooral blomme ens. Ek, Renee en Lincoln was een Saterdag na Kananaskis om te gaan stap met die hond. Ek was ook 'n Saterdag uit soentoe saam met Schalk le Roux om te gaan visvang. Ek het darem 'n klein reenboogforel gevang, my eerste hierdie jaar.
Dit het net aanmekaar gereen, so alles was nat, die gras groei dat die bars en mens kry nie kans om gras te sny nie. Die dae het klaar begin korter word - dit word al 5:30 lig en die son sak al 10h30. Ooral begin Calgary voorbereidings tref vir die Stampede. Gelukkig was ons al by die Stampede en ons hoef nie weer te gaan nie! Ons sal darem met die werk so 'n paar ontbyte bywoon ens, maar andersins sal ons dit maar vir die toeriste los.