Ons het in Mei so 'n klomp Suid-Afrikaners by ons huis gehad vir 'n "potluck" ete. Ons het maar almal gevra om 'n Suid-Afrikaanse dis te bring. Ons het toe frikkadele, vetkoek en vleis, koeksusters, melktert, bobotie ens gehad. Dit was die Dijkman, van Dijk, Wentzel, Vorster, Jones, Kemp, Bernard gesinne plus Martin Chamberlain, Luvette en Charl Johnson, David en Lisa Mouton en Hannah en haar seuns. My swaer Nico Sachse en familie het kom in loer.
Dit was natuurlik die WPC 2000 in Calgary (World Petroleum Congress). Die media ens het almal voorspel daar gaan soos in Seattle onluste ens wees. Natuurlik was die RCMP ("Mounties") en die Calgary Polisie voorberei en absoluut niks het gebeur nie - die enigste geweld was toe 'n straatveerder een van die protesteerders gepos het omdat hy besig was om rommel te strooi in die straat! (Dit is 'n Kanadese ding.) Daar was maar min van die protesteerders - op die meeste so 200. Blykbaar het die RCMP eenvoudig al die busse vol takhare ens op die grense gekeer!