Ek het maar lekker gebars in Februarie en Maart, aangesien my Projekbestuurder vir 2 maande vakansie gehou het. Ek was dus Projekleier en Projekbestuurder tergelyk. Ek was ook in die tyd besig om die "beta"-stelsel te wees vir 'n nuwe produk. Daar was baie probleme en het maar klippe gekou. Ek was ook dieselfde tyd op 'n leierskapkursus by die "U of C" (University van Calgary). Ons was in Maart weer by "Athens by Night" vir Derek Jones se 40ste versjaarsdag. (Foto's). Een van die ander Projekbestuurders het ook bedank en ek moes ook vir sy mense instaan. Dit was ook maar lekker rof, aangesien die manne maar oproerig was, want die outjie het nie goed vir mense gesorg nie.
09/05/02