12/01

In Desember het ons burgers van Kanada geword! (Foto's).

Ons het toe dadelik ons paspoorte laat maak - en die dag voor ons vertrek na Meksiko gekry! Ons was almal, insluitende skoonma Alice, vir twee weke te Puerto Vallarta, Meksiko vir 'n vakansie. Dit was baie gaaf. Ek moet een of ander tyd al die foto's inskandeer. Dit was die beste vakansie wat ons ooit gehad het - die oord waar ons was was op die see en mens kon byna in die nag nie slaap nie, die golwe wat breek op die strand was so duidelik. Dit was 'n "alles-ingesluit" tipe oord, so ons het vreeslik lekker geeet en kon ook lekker kelkies ens drink. Ons was ook so paar keer in die dorp self en daar inkopies gedoen - sommer die plaaslik bus geneem. Dit was 'n belewenis - die busbestuurders ry baie vinnig in die nou paadjies.

Ons was een middag na 'n bulgeveg. Natuurlik was dit nie regte topklas matadore nie, so 'n paar van hulle het maar gesukkel. Die skare was oorwegend van Kanada en die VSA, so verskeie mense het die bulle aangemoedig! Elke keet van die Picador sy verskyning gemaak het, was hy vreeslik uitgejou, die mense het niks gehou van sy manewales met die lang spies. Ons neem almal die bus na en terug van die bulgevegte - baie anders in Suid-Afrika, alhoewel die busse stapvol is, is die mense op die busse beleefd en mens voel nie die onveilig om in die middel van die nag in 'n swakker woonbuurt te wag vir 'n bus nie.

Ek en Renee het ook eendag 'n bus geneem na 'n ander klein dorpie - Mismaloya - wat verder suid was. Dit is soos ek my verbeel het, Meksiko sou lyk - hoenders was in die strate loop, honde ens. Dit was baie "quaint" soos die engelse seg. Dit is baie ander as Suid-Afrika, in die sin dat alhoewel die mense arm is, is hulle baie vriendelik en hulle huise is netjies. Mens sien nie so baie  rommel rondgestrooi soos wat in mense in Pretoria se middestad sien nie.

Die enigste ding wat my oorgekom daar was dat ek deur 'n Jellievis gesteek is. Dit begin toe bietjie opswel en was nie erg nie. 'n Paar dae later was ek weer in die see en word toe weer gesteek. Hierdie keer het ek egter vreeslike blase op my arms en hande gekry - bietjie ongemaklik.

 


09/05/02