Ons was ook by 'n Halloween partytjie (Foto's!). Die kinders het sakke vol lekkers gekry toe hulle deur die strate geloop het en "getrick of treat" het.
Ons gaan seker more begin werk soek - ek is net besig om ons "resumes" te verander sodat daar niks oor 'Africa" daarin is nie. Ons het by die Doktor 'n SA vrou gekry wat se sy het vir twee weke werk gesoek totdat iemand vir haar vertel dat die Kanadese baie rasisties is - as hulle "Africa" sien, dink hulle swart.
Amsterdam was die eerste dag baie reenerig, ek dink dit is waar my hoesie in bromkatjies verander het. Dit was egter baie mooi maar ons was baie moeg. Ons hotel was toe naby Schipol en nie die een in die stad self wat baie goed gelee is. Ons het egter maklik reggekom - ons het maar ons ponde wat oorgebly het van ons vorige reis gebruik en dit was voldoende. Amsterdam is baie goedkoper as London, die mense praat ook omtrent almal Engels (mens hoef nie eers op hulle te skree nie!), en is almal vriendelik en hulpvaardig. Ons het die oggend van die lughawe na die hotel, darem een kamer gekry om in te boek 7:00 die oggend, vinnig gesigte gewas, ander klere en toe terug Schipol toe (met die Hotel bus - gratis!) en die trein in na Amsterdam CS - die Sentrale Stasie. Ons was baie kwaad om te sien dat die ander Hotel IBIS op Sentraal Stasie was - verbind met 'n "Mall". Nou ja, toe kry ons kaartjies vir Museumboot - vaar tussen verskillende plekke in Amsterdam soos die Big Bus in London. Toe eers 'n koppie koffie totdat die boot gekom het ons was toe by al die plekke - spring af by elke plek, loop rond en daan kry weer die volgende bus. Vir my was die mooiste die huise langs die kanale - mense kry ook die gevoel van die fietsryery wat 'n mense nooit kry uit die flieke of beeld radio nie. Ons het sommer broodjies gekoop asook soetighede - baie lekker! Ek het ook Belgies frites geeet - eintlik "slap tjips", maar baie goed gemaak met 'n heerlike, dik, romerige, eierige mayonaise - fantasties. Ons het oorals die reen gehad maar die was Kaapse weer tot so 14:00 - toe was dit sommer reen. Ons het darem die Blomme mark gesien in die reen - anders as wat ons gedink het, maar feit soos water is dat hulle blomme baie mooier is as in RSA. Teen so 16:00 was ons so moeg en nat dat ons maar terug Hotel toe is en gaan slaap. Die volgende dag was mooi weer en ons het pragtige fotos geneem (terug in Amsterdam vir die oggend). Ons het ook weer lekker rondgeloop. Die kanale en huise daarop is regtig mooi. (Foto's!)
Ek het vandag vir my 'n kar gaan koop - 'n Dodge Grand Caravan met Aircon, CD, getinte vensters, ens. Natuurlik is dit 'n V6 3.0L enjin - ons speel nie hier nie! Ek betaal so CDN$365 pm vir 30 maande vir 'n "lease" en dan kan ek die kar koop vir die reswaarde - dit maak baie sin om te "lease", want hulle betaal vir al die dienste en moet alle probleme betaal. Ek kry hom more aand na werk!
Die enigste skok was die koste van motorvoertuigversekering - amper net soveel soos die paaiemente! Dit is weens die koste van regaksies hier - 'n mense moet 'n minimum van $1 000 000.00 vir persoonlike aanspreeklikheidsversekering uitneem!
Ons was Sondag Banff toe vir die dag - toevallig was daar 'n Suid-Afrikaanse Voedsel en Wynfees (Eintlik 'n PROVINCE! fees) daar die week, Ina Paarman onder andere was daar, maar ons het hulle nie gesien nie, want dit was $65 per persoon vir wyn proei en pap en vleis! Hierdie week verkoop hulle Suid-Afrikaanse wyne by die Banff Springs Hotel - wat hulle sal moet sien om te glo - seker 'n 6 ster hotel! Ons het in een van die talle eetsale 'n buffet geeet - die beste Salmon, Forel ens wat ek ooit in my lewe geeet het. (Foto's!)
Die weer is ongelooflik lekker, ons het seker 2 weke gelede so 2cm sneeu gehad, wat na so uur gesmelt het, maar sedertdien is die helder en ons is dit tussen so 5C en 15C (16 Sondag!). Ons loop lekker rond - karre stop vir jou as jy oor die straat mik - en dit is baie veilig.
Ek het amper vergeet - ek, Renee en die kinders plus hul neef en niggie was almal ekstras op die stel van "Honey, I shrunk the Kids - the Series". Lincoln en sy neef en niggie was in een toneel en ek en Renee en D.J. in 'n ander - ek hoop julle kry die reeks sodat julle ons kan sien! Ons eerste werk in Kanada het $6 per uur betaal!. Ek moet se dit is nie lekker werk nie - jy staan rond en wag totdat hulle jou toneel doen - baie soos die Weermag - "Hurry Up and Wait!". En dan staan jy in so 0C to 5C in die straat en maak asof dit nog somer is - ligte klere sonder jasse ens, want die reeks speel in die somer af! Ons het darem elkeen so $30 gemaak.