Die volgende week was dit maar regmaak en organiseer. Ek het die telefoon, stoof moes regmaak asook die "garbarator" - dit is maar 'n aanpassing om alles te moet doen, want dit is baie duur as iemand dit vir jou doen.
Die week daarna het Dereck en Angelique du Toit (Angelique is Reneé se niggie) met hulle 2 en 1/2 jaar oue tweeling by ons kom kuier uit Suid-Afrika. Ons is na Banff en Lake Louise op die eerste Sondag wat ook maar lekker koel was (so -35C in Banff en aansienlik kouer in Lake Louise!). Dereck en Angelique is toe later vir ski-lese by COP (Canada Olympic Park) en DJ het sommer dieselfde dag 'n "snowboard"-les gehad. Later in die week is Dereck saam met DJ na "Sunshine" om te gaan ski.
Ons was ook na die liggies by Airdrie ("Festival of Lights") wat baie mooi was, maar dit was vreeslik koud daar, selfs kouer as verlede jaar, so ons was maar vinnig daar deur en huis toe.
Oukersaand was ons en Maretin Chamberlain oudergewoonte na swaer Nico-hulle vir ete (die Kalkoen ens ding!).
Kersoggend was ons ook maar laat wakker en die presente ding gedoen. Kersdag was almal (swaer Nico-hulle, Martin ens) by ons vir middagete. Dit was vreeslik lekker om te kuier in die groot kamer onder - dit is regtig lekker in die nuwe huis.
Ek en Reneé en Dereck en Angelique is toe volgende middag uit na Bragg's Creek om te gaan rond loop en ons was later by Brian en Anne Duckett vir die "Boxing Day".
Die hele spul (Dereck, Lincoln, DJ, Martin Chamberlain, swaer Nico met kinders Karl en Cathrine) is na Lake Louise om te gaan ski, terwyl Reneé, haar ma, en Angelique Banff toe is om te gaan rondloop in die winkels. Die vorige keer saam met Dereck en Angelique was dit te koud om in die strate te loop!
Dereck hulle is toe die 29st terug RSA en Oujaarsaand het ons Nico-hulle, Martin, Brian-hulle, Werner-hulle en Hannah en Johann (ook van die RSA) en hulle seuns by ons gehad. Baie lekker gekuier en eers so 3 uur die oggend in die bed gekom!
Ek het darem van my broer en pa so klompie rugbyvideo's gekry, so ons het uiteindelike die Bokke teen Frankryk ens gesien! My broer het ook vir my "Canadian Bacon" op video gestuur - as julle dit sien sal julle bietjie verstaan oor hoe Kanada is - daar is 'n paar plekke in die flieke waar hulle kommentaat lewer wat baie na aan die waarheid is:
Nou ja, ons sien uit na Derek Jones en familie wat Calgary toe kom in vroeer Maart (hy was mos by ons in Oktober). Derek het ook by Valmet werk gekry! Ook is daar nog 'n RSA man wat by Valmet begin die begin van Februarie - Hendie Dijkman van Paarl (ook 'n oud-Matie).