21/06/1998

Ons was met Lincoln se "fastball' span na 'n toernooi in Red Deer (so 150km van Calgary). Ons het maar die Vrydag ons oortyd gevat en die Vrydag by Sylvan Lake gaan kampeer. Ek is natuurlik nie baie lief vir die gewone kampeer tipe opset nie - sit in 'n druppende tentjie terwyl jy natter en natter word en probeer maak as of dit prent is! Renee vertel my ek is nou dom, dit sal nie reen nie. Vrydag middag toe ons in Calgary wegtrek is die donderwolke al baie sigbaar. Teen die tyd wat ons by Sylvan Lake uit kom is dit baie dreigend en die wereld is duidelik nat. Toe ek gaan betaal by die kampeerterrein vertel die tannie my sy het ons al gebel by die huis om te sê ons moet liewer nie kom nie. Daai tyd was daar 'n totale vuurperk - mens kon glad nie vuur maak nie want daar was honderde brande in Alberta - die droer winter en lente was die probleem. In elkgeval, teen 7nm was die vuurperk ook nie meer 'n saak nie, die wereld was so nat dat dit sommer van die brande geblus het. In die weer kamp ons dan!

Na 'n nat nag was ons na Red Deer vir die toernooi waar dit so bietjies bietjies gereen het terwyl die manne gespeel het- Saterdag middag reen dit dat dit biesies bewe. So tussen die reen kon ons darem die Sylvan Lake uitkyk. As mens al die "Beach Road" van die Strand in die Kaap ervaar het, sal jy jou Sylvan Lake se "Lakeside Drive" kan verbeel - dit is so pad enkele meters van die water met die ander kant van die pad kitskosplekke, restaurante, koffiekroee, ens. Die engiste ding wat verskil is natuurlik dat daar nie groot golwe is nie. Die strokie tussen die pad is baie mooi - bome, grasperke ens. Die water daar is baie vlak - mens kan so 100m uitgaan en dan is die water nog vlak - nie dat ons daai tyd in die water wou gaan nie!

Die landskap tussen Red Deer en Calgary is ook baie mooi - uitgestrekte velde en plase. Die plase het almal hierdie rooibruin skure soos mens in die flieks sien - baie mooi.


20/01/99