Renee beskryf die huis as 'n Heidi-huis, dit het sederhout teels met die tipe spitsdak met vensters in die dak wat 'n mens met die alpe assosieer.
Alhoewel dit as drie slaapkamers geadverteer is, is daar baie meer spasie as dit. As mens by die voordeur in kom, is daar 'n klein "den" aan jou regterkant - ons sal dit seker vir ons rekenaarplekkie en kantoortjie gebruik. Daar is dan verder 'n volle badkamer (stort, bak en troon). Mens kan dan links op gaan met die trappies na die boonste verdieping. Voor jou is die sitkamer met 'n kaggel in 'n middelste muur. Aan die ander kant van die middelste muur is daar die kombuis/eetkamer area. As 'n links verby die trappies gaan, kom jy ook in die kombuis/eetkamer area. Mens gaan vanuit die eetkamer uit op die boonste stoep. Die stoep is gedeeltelik toe met glas - daar is 'n stukkie voor wat geen glas het nie. Die stoep het so 'n binne/buite tapyt op (baie vuil op die oomblik) en 'n plek waar jy jou gasbraaier aan die huis se gas kan verbind. Die kombuis is redelik ruim (baie groter as ons huidige huurplek, en het baie meer pak plek. Langs die kombuis is die waskamer en 'n deur na die motorhuis. Die trappies af na die onderste verdieping gaan ook van die kombuis/eetkamer area af.
Onder is daar een reuse kamer - die hele lengte van die huis. Op die oomblik is daar 'n "pool" tafel in, so ons sal dit kan doen. Daar is ook nog 'n kaggel daar. Mens kan ook buite na nog 'n stoep onder die een wat vanuit die eetkamer lei. Vanuit die "rec room" is daar 'n slaapkamertjie en die "furnace" room. Daar is ook 'n lekker spens wat by die onderkant van die trappies is. Dit het lekker rakke sodat ons al ons goed kan stoor.
Bo as jy by die trappies opkom is daar 'n badkamer (stort/bad, bak en troon) voor jou en links is daar 'n baie groot kamer ("bonus room" is wat hulle dit hier noem) bo die motorhuise. Ons sal dit seker as 'n slaapkamer/gastekamer gebruik. Daar is dan verder een kleinerige slaapkamer (dit is groter as die slaapkamers in ons huurhuis), 'n groter slaapkamer en die hoofslaapkamer. Elkeen van die slaapkamers het so 'n snaakse T-tipe vorm, waar die lang kant van die "T" die venster in die dak is. Die hoofslaapkamer het 'n ensuite badkamer met stort, bak en troon en dan.... 'n "Jacuzzi"!
Nou ja, nou is is dit net groot beplan ens en dan sal ons almal laat weet van die nuwe adres (ek weet nog nie wat die poskode is nie) en telefoon nommers ens.