09/98

Nie veel gebeur nou in die "Fall" nie. Ek was ook maar lekker besig om die NOVA projek klaar te maak. Die nagte (en dae) begin stadig koeler word - so 2C in die nag blykbaar. Die bome begin ook blare verloor en geel en oranje word. Ons kry egter nie die rooi kleure wat 'n mens aan Kanada en Connecticut/New England laat dink. Blykbaar is die klimaat in Calgary nie reg daar voor nie en sien 'n mens dit die beste in Ontario of in plekke van B.C. Daar is 'n plekkie by Lake Moraine, maar die plek is toe want daar is 'n Grizzly wat die plek oorgeneem het.

Renee, haar ma, skoonsister en die kinders was na die Drakensberg Seunskoor wat in Calgary kom sing het.

Ons was ook tydens die eerste naweek in September uit na die "Lower Kanaskis Lake" om te kamp. Ek en die seuns (en die bure se seun Jonny) en Werner en sy twee dogters het die Vrydagaand al gery en kamp gemaak. Dit was al toe bietjie koud, maar darem nie te erg nie. Ons het lekker kampvuur gemaak en toe ons die aand so 12 uur gaan slaap toe sien ons die "Noordelike Ligte". Die sterre ens is natuurlik daar ongelooflik.

Die volgende oggend is ons na 'n vroee ontbyt (die kinders het vroeg al gewoel, toe staan ons maar vroeg op) almal na die meer om vis te vang (eintlik te hengel). Die meer was soos 'n spieel. Ek het 'n paar foto's geneem wat ek nog moet ontwikkel. Net na middagete het Reneé en Martie (Werner se vrou) opgedaag as ook Martin en sy twee vriende van RSA wat gekuier het, Danie en Linda. Die kinders het almal bietjie gaan swem, terwyl ek 'n groot Potjie aangeslaan het .Later het Brian en Anne (die bure) opgedaag om Jonny te haal en sommer vir die Potjie en kampvuur gebly. Hulle was eers baie skrikkerig vir die Potjie toe hulle hoor dit is beesstert, maar het toe later darvan geeet. Ons het natuurlik tot laat onder die sterre gekuier.

Volgende oggend is ons en die Deyzels na "Upper Kananaskis Lake" om te gaan swem. Sjoe maar die water was koel! Dit is darem so skoon dat 'n mens dit kon weerstaan nie. Ons het ook so entjie na die waterval gaan stap en dit is baie mooi! (Foto)

Die kinders is die volgende dag weer skool toe vir die nuwe skooljaar. D.J. is nou in graad 9 en Lincoln in graad 7.


20/01/99