Die begin van April was dit weer sulke tyd - Huweliksherdenking vir Renee en myself. Ons het Vrydagaand (Paas Vrydag) Nico en kie, Werner en kie en Martin Chamberlain om gehad vir 'n braai (lekker weer!) en ons het tot die vroee oggend gekuier. Ons was volgende oggend 5 vm wakker en deurgery Edmonton toe (so 400km).
Ons was eers na die "West Edmonton Mall", die grootste winkel sentrum in die wereld. Ons het net vinnig alles gekyk - as mens alles doen en kyk dan sal dit jou 'n paar dae neem. Binne die sentrum is daar 'n hele akwarium met 'n ou hout skip ("Galleon") binne, Dolfyne (ek dink daar is 6 van hulle), 3 duikbote om jou deur die akwarium te neem ens. Daar is ook 'n volledige grote ysskaatsbaan (NHL grote), 'n "Golfpoel" soos by Sun City en 'n volledige vermaaklikheidsterrein. Die "Golfpoel" se dak is so hoog dat hulle "bungee" vanaf 'n stellasie na die poel. Die vermaakliksterrein is ook reus. Die "Rollercoaster" is die grootste onderdak "rollercoaster" in die wereld. Ons het toe besluit om dit te "doen". Ek en Renee was eerste. Dit was natuur my eerste ervaring van 'n "Rollercoaster" wat onderste bo gaan ens. Mens gaan 4 keer heeltemal onderste bo en 'n hele paar keer so halfpad. Ek was nog nooit in my lewe so bang nie. Dit was verskriklik. Renee en ek het albei na die tyd so met swak kniee na die seuns gekom. Hulle is daarna en was baie minder beindruk, alhoewel Lincoln se gesig ook maar bleek was! (Foto's)
Ons het die aand by 'n lekker Griekse restaurant gaan eet en is toe terug hotel toe. In die middel van die nag gaan die brandalarms af en ons moes toe by die trappe af (ons was natuurlik op die boonste vloer -14de!). Darem was dit net 'n valsalarm! Die volgende dag het ons terug gery via die sekondere paaie. Dit was baie oulik. So elke 10 of so km kry mens die klein plattelandse kerkies. Van hulle is van die Oekreinse mense, so hulle lyk baie anders.