Vroeg in Januarie het Hendie Dijkman en familie hier aangekom. Dit was nogal 'n aankoms - die 6 Dijkman's met hope baggasie. Hendie werk nou ook by Valmet. Ons het so week of so na hulle aankoms, hulle help trek van Martin se huis, waar hulle gebly het, na hulle eie huurhuis.
Met die weer wat nog so aanhou mooi bly, was ons "Big Hill Springs National Park" toe vir 'n piekniek die volgende dag. Dit waar die pioniers bottel gemaak het. Die stroompie water wat daar vloei het die meul-tipe ding aan die gang gehou. Dit is baie mooi daar en die stroompie loop nog, en daar is ys in allerlei vorms waaronder en deur en oor die water kabbel.
Die volgende naweek het Werner en Martie in hulle nuwe huis in getrek in "Arbour Lake", so 'n hanetreetjie van ons huis.