01/99

Ons was vroeg in Januarie saam met Martie en Werner na die Ysbeeld kompetisie by Lake Louise. Dit was baie mooi, maar ons mos vreeslik lank in verkeersknoop sit totdat ons by die meer kon kom. Nadat ons na die beelde gekyk het, het ons warm tsjokolade gedrink by die meer. Ons was later via Banff huistoe en het daar bietjie rondgeloop. (Foto's)

So teen die einde van die maand is my skoonma terug Suid-Afrika toe. Ons het die naweek voor haar vertrek 'n slag by die Calgary Toring gaan eet. Dit is ook maar lekker hoog - amper 300m as my rekenkunde reg is. Ons het in die restaurant geeet wat so in die ronde ry terwyl jy eet. Dit was 'n pragtige dag, en ons het 'n klompie mooi foto's geneem. Toe ons later die aand by die huis kom toe het ons groot geskrik, want daar was 'n boodskap dat ons moes bel oor Derek Jones. Die het sy sweeptuig laat neerstort en het ook maar lekker seer gekry. Die Jones's moes toe maar hulle hulle vertrek na Kanada uitstel.

Die weer was natuurlik uitsonderlik - dit het omtrent glad nie in Januarie gesneeu nie en die dae het elke dag warmer geword.


08/02/99