Ek skryf nou so lank na die tyd, dat ek nie veel kan onthou van Mei nie!
Ons het so 3 weke van pragtige sonskyn dae gehad en darem een naweek Kananaskis toe gery om piekniek te hou saam met Werner en Martie Deyzel, Martin Chamberlain en nog 'n Suid-Afrikaanse familie (Conradie's). Dit was baie interessant om te sien hoe klein die wereld is, aangesien dit toe blyk dat Martin se skoonsuster, Elaine, het 'n kadaver gedeel met Johan Conradie op Tygerberg! Die Conradie se dogter is saam met Denike Deyzel in die laerskool.
Einde Mei het Derek en Anne-Marie Jones en kroos van Suid-Afrika aangekom. Hulle het by ons gebly totdat hulle 'n plekkie van hul eie kon kry.
30 Mei het ek saam met die seuns, Derek-hulle se seuns en Brian Malkinson in die Bow gaan visvang en darem my eerste Noord-Amerikaanse forel gevang (dit was sommer ook my eerste Bruinforel).
31 Mei is ek af Houston, Texas toe vir 'n maand om my projek te installeer, te toets en in bedryf te stel.