Nov '99

Ek was alweer vir 2 weke in Houston om die laaste werk af te handel. Ek raak nou so bietjie moeg van die plek. Was darem weer 3 keer by "Pappadeux' die beste restaurant waar ek al was - ek dink die beste 10 maaltye wat ek al gehad in my lewe was by "Pappadeux".

Die vreksels van Valmet het my uiteindelik betaal vir my oortyd om die projek se fase 1 in Junie vroeg klaar te kry. Dit was darem 'n paar dollars, maar dit het nie my baie beindruk nie, want was 4 1/2 maande na die tyd wat ek werk klaar gehad het.


3 Des 99