Okt '99

Ek was alweer besig met die finale toetse met my projek. Het so 10 Texans hier by ons gehad vir 3 weke en moes elke dag bont staan.

DJ neem nog gitaarlese - het vir my "Happy Birthday" op sy gitaar gespeel op 10 Oktober.

Renee het vir haar 'n hond, Bella, aangeskaf. Dit is 'n Duitse Herdershond gekruis met 'n Collie. Die hond is al oud - so 5 jaar en is baie vriendelik en rustig (slaap die hele dag) en word in die nag baie aktief. Renee stap gereeld ver met die hond. Bella is mal oor die sneeu. Ons het so 'n bietjie sneeutjies gehad en die hond spring in die sneeu, eet die goed, bokspring ens. Sy sal ook agter 'n sneeubal aanhardloop. Natuurlik was daar 'n demokraties stem oor die hond - 3 teen 1. Aangesien die 1 Renee was, is die hond aangeskaf. Die hond poef gereeld in die huis - nog nie heeltemal die roetine reggekry nie. Dit is ook 'n hare masjien - daar kom meer hare van die hond af as wat meeste honde het!

Die seuns was albei saam met maatjies by die Franklin Graham-fees aan die ander kant van die stad - sommer self op die C-Train teruggery.

Ons het ook lekker rugby gekyk. Baie van die wedstryde was op FOX, so ons het omtrent al die wedstryde lewendig gesien. Ek het so teen die einde 'n paar gemis, maar dit was seker nie belangrik nie, want dit was die verloorwedstryde. Ek moet se na die Skotland wedstryd het ek gedink die Bokke is maar power, maar na NZ / Skotland het ek begin wonder of the Skotte nie beter is nie of anders NZ swakker. Na RSA vs Rooinekke, het ek besluit die Bokke was beter, Skotland beter en NZ 'n bietjie af.


3 Des 99